PRODUKSIE OORSIG

Ons vervaardig 60 nuwe vrugtekratte of 110 pakhuispalette per dag en 75 vrugtekratte of 120 palette kan op n daaglikse basis herstel word. Sedert ons ontstaan het ons alreeds 12 000 nuwe kratte en 7 000 palette vervaardig. 2 000 nuwe palette is verkoop en 5 000 word verhuur. 7 000 nuwe kratte is verkoop en 5 000 word verhuur. Ons het ook in die tydperk 15 000 kratte en 35 000 palette herstel.

DIE UITSTAANDE EIENSKAP VAN ONS BESIGHEID IS DIE FEIT DAT ONS AFLEWERING STIPTELIK IS EN NOG NOOIT N ENKELE PRODUK VAN SWAK GEHALTE GELEWER HET NIE. ONS WAARBORG 100% TEVREDENHEID

PRODUK BESKRYWING

VRUGTEKRATTE (Vol- en halfgroottes)

Buitemates

Kratgrootte:  
1270 mm X 1070 mm (halwe krat): 1270 mm X 1070 mm
Totale hoogte:  
720 mm 420 mm
Gewig:  
68 kg 46 kg

Die vrugtekrat word vervaardig van oondgedroogde SA dennehout met n tweerigting vurkhyser ingang. Dit is beskikbaar met (CCA) behandelde of onbehandelde bodem en binnehoeke. Die buitehoeke word vervaardig van gegalvaniseerde staal om roes te voorkom. Maatskappy logo's word op versoek aangebring.

PAKHUISPALETTE

Tweerigting palette word vervaardig van SA dennehout volgens kliënte se behoeftes. Maatskappy logo's word op versoek aangebring.

ONS ONTWERP EN VERVAARDIG ENIGE TIPE HOUT VRUGTEKRATTE EN PAKHUISPALETTE OM IN U BEHOEFTES TE VOORSIEN. DIE KRATTE IS UITERS GESKIK VIR DIE BERGING VAN WYNBOTTELS

Kopiereg . Robertson Valley Technologies